Rule This Land
de Chameleon Lady
Uit hierdie valkenburg het ek ontvlug
En dink my nou in gordonsbaai terug:
Ek speel met paddevisse in 'n stroom
En kerf swastikas in 'n rooikransboom
Ek is die hond wat op die strande draf
En dom-allenig teen die aanwind blaf
Ek is die seevoël wat verhongers daal
En dooie nagte opdis as 'n maal
Die god wat jou geskep het uit die wind
Sodat my smart in jou volmaaktheid vind
My lyk lê uitgespoel in wier en gras
Op al die plekke waar ons eenmaal was.
Más canciones de Chameleon Lady
-
Lucky One
Lucky One
-
Home (The Highlands)
Home (The Highlands)
-
Beasts Down Below
Beasts Down Below
-
Ghost of You
Ghost of You